• 41.) Markus

    Markus 12

    In hierdie hoofstuk kom een na die ander groep geestelike leiers na Jesus toe, en elkeen probeer Hom vasvra. Jesus word behoorlik gepeper met al die vrae. Op ‘n stadium skets een van die groeperinge wat nie in die hiernamaals glo nie, ‘n bisarre scenario waar ‘n vrou 7 keer op aarde trou, en dan het die uiteindelike vraag betrekking op met wie sy dan nou eintlik in die hiernamaals getroud gaan wees. Die vraag is aspris. Dit is bedoel om absurd te wees, want hulle wil die geloof in ‘n hiernamaals probeer belaglik maak. Ons kry hierdie gedrag vandag nog wanneer mense met mekaar verskil. Baie gou sal jy…

  • 15.) Esra

    Esra 3

    In Esra 3 begin die klein oorblyfsel van die volk wat teruggekeer het, om die tempeldiens te hervat. Daar is hoofsaaklik 3 dinge wat vir my uitstaan: Eerstens is dit opmerklik dat hulle die bepalings en stipuleringe van die Wet, so goed as moontlik probeer nakom met betrekking tot offers. God se Woord is hulle rigsnoer hoe om dinge te doen. Tweedens is dit lekker om die meelewing te sien. Elkeen het ‘n verantwoordelikheid. Almal is betrokke. Hulle treë soos een man op (3:1). Dit is nie net die priesters wat die “Show run” nie. Derdens kan mens nie help om die blydskap raak te sien nie. Dit word telkemale…