• 15.) Esra

    Esra 1

    Die eerste hoofstuk van Esra skop af deur te vertel van die proklamasie van Kores, wat Esra en ander in staat gestel het om terug te keer na Juda om die stad te herbou. As mens nie versigtig is nie, mis mens maklik die grootsheid van hierdie inleiding… Die volk was mos in 586vC deur Nebukadneser van Babel verower en in ballingskap weggevoer. Hulle was 47 jaar in die vreemde, toe die Persiese koning Kores vir Babilonië oorrompel. Skaars een jaar nadat hy die koninkryk oorgeneem het, vaardig hy in 538vC ‘n edik uit dat verowerde volke na hulle lande van herkoms mag terugkeer. Wat hierdie so besonders maak, is…