42.) Lukas
-
Lukas 10
‘n Ruk gelede het ek ‘n paar kritiese vrae aan myself gevra rakende my bediening. Ek is baie besig en betrokke by talle besture en rade en van organisasies – en die werk wat daar gedoen word is nodig. Maar ek mis dit om betrokke te wees by mense se geloofsgroei. Dit het my gebring by ‘n plek waar ek moes her-fokus, her-prioriteriseer. Daarom weerklink Jesus se woorde aan Martha vir my ekstra hard: “Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, [42] maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af…
-
Lukas 9
Hierdie is ‘n interessante een. Ons verwag dat Jesus gaan sê dat elkeen van ons soos ‘n kind moet word. Maar lees weer wat Hy sê. Luk 9:48 “Toe sê Hy vir hulle: “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Wie die minste onder julle almal is, hý is groot.” Die kind is nie die een wat voorgehou word as die voorbeeld om na te volg nie. Die Jesus sê die voorbeeld om na te volg is die een wat die kind ontvang. Dit is iemand wat bereid is om dinge te doen wat in die…