-
Psalm 140
Die Psalm sal sterk met baie van ons resoneer, want die vyand wat in hierdie Psalm beskryf word hoef nie noodwendig lewensbedreigend te wees nie. Dit lyk eerder asof die vyand iemand is wat negatiewe gerugte oor die digter versprei het, omrede daar ‘n groot klem op die “tong” van die vyand is. Miskien is die uitstaande kenmerk van hierdie Psalm, die feit is dat dit aan aktiewe inisiatief van die digter ontbreek. Ons lees nêrens dat die digter ‘n voorneme uitspreek om byvoorbeeld iets aktief aan die saak te doen nie. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat die digter God as aktiewe rolspeler beskou. Die feit dat daar inisiatief…
-
Markus 11
Ek is in ‘n Gereformeerde kerktradisie en het baie waardering vir die kerkgroepering waarin ek staan. Maar ek dink geensins dat ons die enigste groepie Christene is wat die Here reg hoor nie. Ek het al baie by Christene uit ander kerktradisies geleer. Die manier hoe hulle oor God nadink – asook dit wat hulle in die Bybel raaklees. Neem byvoorbeeld die Charismatici se klem wat hulle lê op die belangrikheid om geloof te spreek. Dit maak dikwels vir Gereformeerdes soos myself ongemaklik – die byna astrante houding waarmee “lewe gespreek” word. Ons ken dit nie. Ons is meer gewoond daaraan om ‘n diepe afhanklikheid teenoor die Here uit te…