• 14.) 2 Kronieke

    2 Kron 32

    Hierdie hoofstuk bevat een van die mees noemenswaardige wonderwerke van die Ou Testament – wat deur die argeologie bevestig kan word. Mens kan vandag nog die Siloamtonnel in Israel besoek, wat gebruik was om water te bekom. Ons sien ook die versterkings in die stadsmuur wat in hierdie tyd aangebring is, om weerstand teen die dreigende Assiriese inval te bied. Selfs die antieke geskiedskrywer “Herodotus” maak melding van die feit dat die Assiriese weermag so skielik op die vlug geslaan het. Volgens hom het ‘n plaag veldmuise in die kamp van die Assiriers ingevaar en begin pandemonium saai. Hulle het selfs die snare van die boë afgekou en die manskappe…

  • 19.) Psalms

    Psalm 140

    Die Psalm sal sterk met baie van ons resoneer, want die vyand wat in hierdie Psalm beskryf word hoef nie noodwendig lewensbedreigend te wees nie. Dit lyk eerder asof die vyand iemand is wat negatiewe gerugte oor die digter versprei het, omrede daar ‘n groot klem op die “tong” van die vyand is. Miskien is die uitstaande kenmerk van hierdie Psalm, die feit is dat dit aan aktiewe inisiatief van die digter ontbreek. Ons lees nêrens dat die digter ‘n voorneme uitspreek om byvoorbeeld iets aktief aan die saak te doen nie. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat die digter God as aktiewe rolspeler beskou. Die feit dat daar inisiatief…

  • 24.) Jeremia

    Jeremia 1

    Daar is baie wat mens in Jeremia 1 opval: Die Here wat die profeet reeds voor geboorte gekies en bestem het. Die profeet se selfkritiek dat hy te jonk is. Die Here se bevestiging dat wat hom bekwaam maak, nie sy bekwaamhede is nie maar die feit dat God hom gekies het. Wat vanoggend vir my egter baie betekenisvol is, is die gesig van die amandeltak wat die profeet sien. Amandelbome het in die lente begin bot lank voordat ander bome bot. As jy al die ander weerstoestande in aanmerking neem, sou dit vir jou lyk asof dit nog winter is. ‘n Bloeisel op ‘n amandeltak sou vir jou heeltemal…