• 24.) Jeremia

    Jeremia 40

    Hierdie is ‘n moeilike een. Gedalja word deur die Babiloniese koning as ‘n goewerneur aangestel om die mense wat nie weggevoer is nie, te regeer. Een van die soldate wat nie in die geveg gedood is nie, Joganan, keer ook terug na die verwoeste stad en waarsku vir Gedalja. Hy het gehoor dat Ismael (‘n lid van die koningsfamilie), daarop uit is om Gedalja te kom vermoor. Joganan is so seker van hierdie feit, dat hy selfs in ‘n privaatgesprek met Gedalja aanbied om Ismael in die geheim te gaan doodmaak. En dan die moeilike deel…Gedalja wil nie vir Joganan glo nie. Hy kies om die beste van Ismael te…