• 24.) Jeremia

    Jeremia 7

    As daar al ooit ‘n Skrifgedeelte was wat die mens teen vormgodsdiens waarsku, dan is dit hierdie een… Die JudeĆ«rs het houtgerus met hulle lewens voortgegaan. Hulle het gedink Jerusalem sal nooit kan val nie. Hoekom nie? Want God se tempel is in Jerusalem! God se tempel het vir hulle iets soos ‘n “gelukbringer” geword. God sou tog sekerlik nie toelaat dat die stad deur vyande ingeneem word nie? Dan sou die tempel immers in die hande van goddeloses val. Daar het dus ‘n valse gerustheid by die volk ingetree. Hulle kon leef soos hulle wil, sonder dat daar regtig die gevaar van konsekwensies is. God was immers binne hulle…