• 15.) Esra

    Esra 4

    Dit is ‘n gemene ding wat in Esra 4 afspeel. Die Noordelike bure van Jerusalem, Samaria, bied hulp aan om te help herbou. Hulle voer aan dat hulle tog ook die Here dien. Hulle dien inderdaad die Here, maar nie die Here alleen nie. Hulle gedeelde toewyding sal ‘n gevaar vir die volk inhou, en dit is juis oor ‘n gebrek aan onverdeelde trou dat die Here hulle in ballingskap laat wegvoer het. Die volk weier daarom die hulp van die Samaritane, en toe gaan steek die Samaritane die volk toe, by die Kores. Hulle rig ‘n brief aan hom wat sê dat die volk nie van plan is om…