-
2 Kronieke 23
Vandag se hoofstuk bevat die tipe goed waarvan films gemaak word! Dit is omtrent ‘n paleisrewolusie! Toe Ahasia sterf, neem die koninginmoeder haar kans en vermoor al die moontlike troonopvolgers. Maar ten spyte van haar goed beplande staatsgreep, kom een seuntjie van die koning lewend weg. Die suster van Ahasia – en vrou van die priester Jojada – versteek die kind 6 jaar lank in die tempel. In die 7e jaar maak Jojada dit bekend en kry die volksleiers om hom to ondersteun as koning. Toe Atalia dit sien, het sy geweet haar dae is getel, en sy is wreed vermoor. Dit herinner mens baie aan die woorde van Jesus……