-
Levitikus 19
Levitikus 19 bevat ’n versameling wette wat Israel oproep tot heiligheid deur rituele suiwerheid, sosiale geregtigheid en liefde vir die naaste te kombineer. Dit beklemtoon God se karakter, dit bevat verbondstaal en benadruk die integrasie van kultiese en etiese gedragsnorme in die alledaagse lewe.
-
Levitikus 18
Levitikus 18 gee God se instruksies aan Israel oor seksuele reinheid deur ‘n reeks verbode verhoudings voor te skryf. Die teks verwerp heidense praktyke en vestig ‘n etiese raamwerk wat die Israelitiese volk apart stel as ‘n heilige gemeenskap in hul verbond met die Here.
-
1 Timoteus 2
Vandag se hoofstuk bestaan uit veral 2 gedeeltes… (2:1-7) REDDING IS VIR ALMAL Dit val mens dadelik op dat Paulus inklusiwiteit beklemtoon: Voorbidding is vir almal (2:1), verlossing is vir almal bedoel (2:4), Jesus se losprys was vir almal bedoel (2:5) Die inklusiewe aard van die evangelie word gekontrasteer met die eksklusiewe aard van God: Daar is net een God, een middelaar (2:5) Dit staan natuurlik in skrille kontras met die boodskap van die Gnostiese dwaalleraars, naamlik dat net ‘n uitgesoekte paar mense “verlig” genoeg is om verlossing te ontvang – en dat ‘n stukkie “Godheid” in almal van ons is. Die evangelie staan lynreg teenoor hierdie dwaling. Paulus se…