• 48.) Galasiërs

    Galasiërs 1

    1:1-5 Opskrif & seëngroet Die ernstige trant van die boek is dadelik aanvoelbaar. Paulus se groet is saaklik en formeel – nie warm en persoonlik soos byvoorbeeld die brief aan Filippense nie. Ook bevat Paulus se groet besonderse beklemtoning van sy apostelskap. Dit verklap verder die aard van die polemiek in die boek. Paulus hou seën aan die gemeente voor – maar juis nie omdat hulle dit verdien nie. Dit is loutere genade – veral teen die agtergrond van dit wat hulle nou aanvang. Die enigste rede waarom daar genade is, is te danke aan Jesus Christus wat “Homself gegee het vir ons sondes” – ‘n duidelike merker van die…