42.) Lukas

Lukas 10

‘n Ruk gelede het ek ‘n paar kritiese vrae aan myself gevra rakende my bediening. Ek is baie besig en betrokke by talle besture en rade en van organisasies – en die werk wat daar gedoen word is nodig. Maar ek mis dit om betrokke te wees by mense se geloofsgroei.

Dit het my gebring by ‘n plek waar ek moes her-fokus, her-prioriteriseer.

Daarom weerklink Jesus se woorde aan Martha vir my ekstra hard: “Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, [42] maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af weggeneem word nie.” Luk 10:41-42

Partykeer verwar mens “besigwees” met “belangrikwees”. Jy maak jouself dink dat jou rol onontbeerlik is. Nes Martha. Maar wanneer mens moeg raak en die pas raak moeilik om vol te hou, dan verwyt jy ander dat hulle nie so “hard” werk soos jy nie – as hulle ook sou doen wat jy doen, sou jy immers nie so moeg wees nie. Nes Martha.

Maar inderwaarheid het Maria die belangrike deel gekies. By die voete van Jesus. Sy het haar nie laat insluk deur sosiale verwagtings nie.

Mag ons ook die uitgesproke en onuitgesproke verwagtings van mense van hoe ons moet werk of optree, ter syde stel en Jesus kies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *