• 40.) Matteus

    Matteus 1

    Matteus ontvou die genealogie van Jesus Christus en beskryf sy ongewone geboorte. Die teks koppel Ou-Testamentiese profesieë met die vervulling van God se beloftes deur die ingryping van die Heilige Gees, wat sy Messiaanse identiteit bevestig.

  • 14.) 2 Kronieke

    2 Kronieke 21

    Ons lees in hierdie hoofstuk die tragiese ondergang van koning Jehoram. Hy bou offerhoogtes. Deur sy toedoen begin die volk weer meedoen aan afgodery. Sy koningskap is ‘n tyd van oorlog. Elia rig selfs ‘n skrywe aan koning Jehoram waarin hy hom profeties teregwys. Dit voel vir ons dat ‘n ramp onafwendbaar is. Alles is met hierdie koningskap verkeerd. En tog, dan vind ons dat die teks die volgende sê… “Maar ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gemaak het, wou die Here die huis van Dawid nie vernietig nie, aangesien Hy beloof het om vir hom en sy seuns altyd ‘n lamp te gee” (2 Kron 21:7)…

  • 15.) Esra

    Esra 1

    Die eerste hoofstuk van Esra skop af deur te vertel van die proklamasie van Kores, wat Esra en ander in staat gestel het om terug te keer na Juda om die stad te herbou. As mens nie versigtig is nie, mis mens maklik die grootsheid van hierdie inleiding… Die volk was mos in 586vC deur Nebukadneser van Babel verower en in ballingskap weggevoer. Hulle was 47 jaar in die vreemde, toe die Persiese koning Kores vir Babilonië oorrompel. Skaars een jaar nadat hy die koninkryk oorgeneem het, vaardig hy in 538vC ‘n edik uit dat verowerde volke na hulle lande van herkoms mag terugkeer. Wat hierdie so besonders maak, is…