-
Ps 149
Ons kry in hierdie Psalm weer met die tema van ‘n “nuwe lied” te make. Die openingsverse lui: Sing vir die Here ‘n nuwe lied – sy lof in die byeenkoms van getroue volgelinge! Dit is ‘n geliefde uitdrukking en kom verskeie kere in die Bybel voor – van die Psalms tot in die profetiese literatuur. Die oproep om vir die Here ‘n “nuwe lied” te sing is natuurlik niks anders as om vars maniere te vind om vir die Here te sê dat jy vir Hom lief is nie. Die Psalmdigter wil voorkom dat ons verval in geykte maniere en dat ‘n lewendige verhouding met die Here verstar in…