• 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 2

    Vandag se hoofstuk bestaan uit veral 2 gedeeltes… (2:1-7) REDDING IS VIR ALMAL Dit val mens dadelik op dat Paulus inklusiwiteit beklemtoon: Voorbidding is vir almal (2:1), verlossing is vir almal bedoel (2:4), Jesus se losprys was vir almal bedoel (2:5) Die inklusiewe aard van die evangelie word gekontrasteer met die eksklusiewe aard van God: Daar is net een God, een middelaar (2:5) Dit staan natuurlik in skrille kontras met die boodskap van die Gnostiese dwaalleraars, naamlik dat net ‘n uitgesoekte paar mense “verlig” genoeg is om verlossing te ontvang – en dat ‘n stukkie “Godheid” in almal van ons is. Die evangelie staan lynreg teenoor hierdie dwaling. Paulus se…