• 24.) Jeremia

    Jeremia 34

    Hier speel ‘n interessante stukkie ironie in Jeremia 34 uit. Die hoofstuk begin deur te sê dat Jeremia die boodskap aan Koning Sedekia oordra dat Jerusalem ingeval sal word – na sy dood. Vanaf vers 8 word die agtergrond gegee waarteen die verrigtinge afspeel: Die volk het ingestem om vir die eerste keer in jare, hulle mede Joodse volksgenote wat as slawe gewerk het kwyt te skeld en vry te laat. Ongelukkig het die volk baie gou van gedagte verander. Toe hulle agterkom hoe swaar die werk is wat hulle nou self moes verrig, het hulle hul besluit omgekeer en hulle volksgenote weer onder ‘n slawejuk ingedwing. Die profetiese woord…