• 14.) 2 Kronieke

    2 Kron 32

    Hierdie hoofstuk bevat een van die mees noemenswaardige wonderwerke van die Ou Testament – wat deur die argeologie bevestig kan word. Mens kan vandag nog die Siloamtonnel in Israel besoek, wat gebruik was om water te bekom. Ons sien ook die versterkings in die stadsmuur wat in hierdie tyd aangebring is, om weerstand teen die dreigende Assiriese inval te bied. Selfs die antieke geskiedskrywer “Herodotus” maak melding van die feit dat die Assiriese weermag so skielik op die vlug geslaan het. Volgens hom het ‘n plaag veldmuise in die kamp van die Assiriers ingevaar en begin pandemonium saai. Hulle het selfs die snare van die boë afgekou en die manskappe…