• 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 1

    Klik HIER vir die agtergrond oor 1 & 2 Timoteus. Klik HIER om jou nuwe leesrooster af te laai. 1:1-2 AANHEF Mens vluglees mos gewoonlik iets soos ‘n aanhef, maar hier wemel dit omtrent van interessanthede: Die volgorde “Christus Jesus” is in die pastorale briewe meer algemeen as “Jesus Christus”. In Paulus se ander briewe kom die verskynsel ewe veel voor. Die benaming “God ons verlosser” kom ook in hierdie briewe meer voor as elders in die Nuwe Testament. Die frase “my kind” is ook nogal kenmerkend aan die pastorale briewe. Omkring dit gerus elke keer as jy dit lees. Daardie pa-kind styl herinner baie aan die boek Spreuke as…