• 19.) Psalms

    Psalm 145

    Hierdie Psalm is wat hulle ‘n “akrostieke” Psalm noem. Dit beteken dat elke volgende strofe van die Psalm met die volgende letter van die alfabet begin. Dit is met ander woorde nogal ‘n kunswerk in sy oorpronklike vorm. Die digter hardloop deur die alfabet en begin met elke volgende Hebreeuse letter, ‘n volgende strofe – sonder dat dit geforseerd klink! Die sinsnede wat my vandag opval is vers 13: “U koningskap is ‘n koningskap vir alle ewighede, u heerskappy duur deur al die komende geslagte.” In ‘n tyd wat so baie mense afvallig word en die Here los – so asof die Here “uitgedien” geraak het en niks meer het…

  • 15.) Esra

    Esra 2

    Hoofstuk 2 van Esra bevat ‘n gedetailleerde lys van name en getalle van mense wat bereid was om terug te keer na Jerusalem. Voor mens jou kan keer, is jy besig om oor die lys name te vluglees – asof dit onbelangrik is. Dit mense in die lys mag miskien onbekend wees, maar hulle was nie onbelangrik nie. Dit was die mense wat uit vrye wil gekies het om terug te keer Jerusalem toe. Onthou, baie mense het gekies om eerder te bly waar hulle is. Hulle was nou na soveel jare gevestig in die vreemde. Hulle het begin om geld te maak. Om nou weer wortels te lig en…