• 14.) 2 Kronieke

    2 Kron 30

    Wat ‘n interessante hoofstuk! En hoe maklik kan hierdie hoofstuk darem nie aanleiding gee tot misverstand nie! Ons lees in hoofstuk 30 hoe die volk voorbereidings tref om die Pasga in die tweede maand te vier, omdat daar nie genoeg priesters hulleself gereinig het om dit betyds in die eerste maand te vier nie. Hierdie buitengewone reëling vind nie byval by die volk nie, maar ook by God. Met ‘n eerste oogopslag lyk dit of die boodskap van die teks vir ons te kenne gee dat – indien mens nie God se voorskrifte kan hou nie, dan “doen mens maar wat jy kan”. Dit wil voorkom of 50% gehoorsaamheid beter…

  • 14.) 2 Kronieke

    2 Kronieke 21

    Ons lees in hierdie hoofstuk die tragiese ondergang van koning Jehoram. Hy bou offerhoogtes. Deur sy toedoen begin die volk weer meedoen aan afgodery. Sy koningskap is ‘n tyd van oorlog. Elia rig selfs ‘n skrywe aan koning Jehoram waarin hy hom profeties teregwys. Dit voel vir ons dat ‘n ramp onafwendbaar is. Alles is met hierdie koningskap verkeerd. En tog, dan vind ons dat die teks die volgende sê… “Maar ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gemaak het, wou die Here die huis van Dawid nie vernietig nie, aangesien Hy beloof het om vir hom en sy seuns altyd ‘n lamp te gee” (2 Kron 21:7)…