-
Klaagliedere 2
Daar is 2 dinge wat my opval in hierdie gedeelte – een wat betekenis dra vir die onmiddelike en een wat belangrik is om te sien omdat dit eers later vir ons gaan sin maak… Die opvallendheid wat eers later in die boek gaan begin sin maak, is die feit dat die eerste 4 hoofstukke van klaagliedere telkens akrostiese gedigte is. Dit beteken mos dat elke volgende strofe van die gedig, telkens met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Dit is ‘n poging van die outeur om – ten spyte van die donker onderwerp van lyding – ‘n stuk rigiditeit en voorspelbaarheid in die teks te behou. Hierdie…
-
Johannes 15
‘n Paar jaar gelede was daar ‘n boek gepubliseer deur ‘n bekende outeur wat grootliks op hierdie Skrifgedeelte gebasseer was. Die basiese lyn van redenering was dat God ons snoei as ons nie vrug dra nie. Die boek roep jou dan op om pynlike gebeurtenisse in jou lewe te interpreteer as God se snoeiwerk, met die doel om jou te laat vrugdra. Dit is eintlik niks nuut nie en ‘n baie algemene opvatting. Verskriklik baie gelowiges dink dit. Moslems ook. Die vraag is of dit waar is? Want dit is definitief nie wat die teks sê nie. Jesus doen nogal moeite om in hierdie gedeelte te beklemtoon hoe Hy snoei:…