-
Deuteronomium 16
In hoofstuk 16 word die bepalinge vir 3 feeste gegee: die Paasfees, die fees van weke en die huttefees. Die fees van weke is die een wat my vandag baie opval. Dit het ook bekend gestaan as die Oesfees, omdat dit aan die inbring van die graanoes gekoppel was. Die ander doel van die fees was om die dag waarop die Wet in ontvangs geneem is, jaarliks te vier. Dit moes presies 7 weke na afloop van die Paasfees gevier word. Vandaar het dit dan ook begin bekendstaan as “Pinkster”, want die “penta” het na die 50 dae verwys. In die Nuwe Testament word die Heilige Gees interessant genoeg op…