• 5.) Deuteronomium

    Deuteronomium 16

    In hoofstuk 16 word die bepalinge vir 3 feeste gegee: die Paasfees, die fees van weke en die huttefees. Die fees van weke is die een wat my vandag baie opval. Dit het ook bekend gestaan as die Oesfees, omdat dit aan die inbring van die graanoes gekoppel was. Die ander doel van die fees was om die dag waarop die Wet in ontvangs geneem is, jaarliks te vier. Dit moes presies 7 weke na afloop van die Paasfees gevier word. Vandaar het dit dan ook begin bekendstaan as “Pinkster”, want die “penta” het na die 50 dae verwys. In die Nuwe Testament word die Heilige Gees interessant genoeg op…

  • 16.) Nehemia

    Nehemia 10

    Na aanleiding van die gesamentlike gebed wat die volk in die vorige hoofstuk gebid het, gaan hulle dan nou voort om ook ‘n eed af te lê in hierdie hoofstuk. Dit is ‘n plegtige eed teenoor die Here – wat verseël word en al – waarin onderneem word dat hulle die voortaan die héle Wet sal onderhou. Dit is ‘n pragtige gebeurtenis wat die klimaks van die boek bevat – maar tog is dit ook gelyktydig die moment voor die groot val kom. Hierdie hoofstuk bevat ‘n prentjie van hoe pragtig hulle toewyding is – maar dit is gelyktydig ook swanger met die onheilspellende. Want ons weet dat ons beste…