-
Johannes 15
‘n Paar jaar gelede was daar ‘n boek gepubliseer deur ‘n bekende outeur wat grootliks op hierdie Skrifgedeelte gebasseer was. Die basiese lyn van redenering was dat God ons snoei as ons nie vrug dra nie. Die boek roep jou dan op om pynlike gebeurtenisse in jou lewe te interpreteer as God se snoeiwerk, met die doel om jou te laat vrugdra. Dit is eintlik niks nuut nie en ‘n baie algemene opvatting. Verskriklik baie gelowiges dink dit. Moslems ook. Die vraag is of dit waar is? Want dit is definitief nie wat die teks sê nie. Jesus doen nogal moeite om in hierdie gedeelte te beklemtoon hoe Hy snoei:…
-
Nehemia 8
Hierdie is ‘n roerende hoofstuk van hoe aangeraak die volk was toe hulle vir die eerste keer weer God se Wet kon aanhoor. Dit was ook nie net ‘n “kultiese-rituele lees” van God se Woord nie. Die Leviete het die implikasie van dit wat gelees word, aan die mense verduidelik en die mense was diep geraak. Vandag nog sien mens gevalle waar iemand aangeraak word deur die lees of die aanhoor van God se Woord. Dit is nie iets wat ons kunsmatig kan kweek nie. Dit is ‘n bonatuurlike aanraking deur die Heilige Gees. Ons kan wel bid dat daar altyd by ons dieselfde soort dors vir God se Woord…