54.) 1 Timoteus

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 3

    1 Timoteus 3 handel oor die kwalifikasies vir kerklike leiers, veral dié wat as ouderlinge en diakens dien. Die teks beklemtoon die noodsaaklikheid van ‘n lewenswyse van onberispelike karakter en geestelike standvastigheid, wat die orde in die gemeente bevorder. 1. KONTEKSTUELE AGTERGROND Voorafgaande perikoop Die voorafgaande perikoop in 1 Timoteus 2 bied riglyne vir aanbidding en interpersoonlike verhoudings, wat ‘n logiese oorbrugging vorm na die streng kwalifikasies vir leierskap in 1 Timoteus 3. Hierdie oorgang beklemtoon die noodsaaklikheid van orde en godsvrug in die kerk se interne struktuur. Inleiding tot volgende perikoop Die instruksies in 1 Timoteus 3 dien as ‘n inleiding tot verdere riglyne oor gemeente-organisasie en pastorale sorg in latere afdelings. Die…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 2

    1 Timoteus 2 roep die gemeente op tot universele gebed, ordelike aanbidding en die nakoming van geslagsonderskeiding in die kerk. Paulus stel riglyne vir beide mans en vroue, beklemtoon Christus se middelaarskap en gebruik die skeppingsorde as grondslag vir kerkorde. 1. KONTEKSTUELE AGTERGROND 1.1 Voorafgaande perikoop Die voorafgaande gedeeltes in 1 Timoteus 1 beklemtoon die reinheid van die lering en die waarskuwing teen dwaalleer. Hierdie boodskap lei direk oor tot 1 Timoteus 2, waar gedragsriglyne vir aanbidding vir ’n gesonde kerkorde gestel word. 1.2 Inleiding tot volgende perikoop 1 Timoteus 2 lei na die bespreking oor aanbidding en geslagsrolle, wat die grondslag lê vir hoofstuk 3 se uiteensetting van die…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 1

    In 1 Timoteus 1 kyk Paulus terug op sy eie verlede en verduidelik hy die ware doel en aard van die wet in teenstelling met die oorvloedige genade van Christus. Hy waarsku teen dwaalleer en verkeerde leerstellings wat die kerk in verwarring kan bring en herinner die leser daaraan dat die wet in sy ware betekenis nie verwerping van genade is nie, maar ’n hulpmiddel in die strewe na liefde en reinheid. Hierdie perikoop kontrasteer dus ’n lewe wat in sonde vasgevang was met ’n lewe wat getransformeer is deur die genade en vergifnis van God. Dit vorm die fondament vir verdere pastoraal- en teologiese oproepe in die brief. 1.…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 6

    Hoofstuk 6 is ‘n voortsetting van die “Haustafeln” of huisreëls waarmee daar in hoofstuk 5 begin is: 6:1-2a SLAWE Dit is opmerklik dat Paulus sosiale onrus of sosiale omverwerping teëstaan – waarskynlik oor dit weer vervolging tot gevolg kan hê. Hy moedig slawe aan – en baie mense in die eerste gemeentes was slawe – om respekvol teenoor hulle eienaars te bly. Indien die eienaar ‘n ongelowige is en ‘n Christen slaaf wangedra hom/haar, dan bring dit die geloof in diskrediet. Indien die eienaar ook ‘n gelowige is, dan is daar soveel meer rede om diensbaar te bly want hulle is broers van mekaar. Dikwels word Paulus deur vandag se…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 5

    Ons kom nou by die baie kenmerkende “haustafeln”-genre binne die brief. “Haustafeln” is soos huisreëls vir ‘n gesin. Dit was ‘n bekende genre binne die Romeinse wêreld. Die vader van ‘n gesin het reëls of gedragskodes vir die familie neergelê. Paulus doen dit in hierdie gedeelte op gesag van God die vader. 5:1-2 Verskillende ouderdomsgroepe Vermaning gaan daar wees, maar vir Paulus is die manier waarop iets gedoen word baie belangrik. Dit moet vloei uit suiwere bedoelings en getuig van respek. 5:3-16 Weduwees Daar is 3 dinge wat duidelik aan die lig kom in hierdie gedeelte: Eerstens sien ons dat Paulus wil verhoed dat daar misbruik gemaak word van die…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 4

    Vers 1 van hoofstuk 4 sluit direk aan by die voorafgaande credo. 4:1-5 Rede vir afvalligheid Soos reeds gesê verwys “die geloof” (met lidwoord) in die pastorale briewe na die inhoud van wat geglo word. Dit is baie duidelik wat die inhoud of die leerstellings was wat geglo is, want Paulus het dit pas in die voorafgaande credo/lied genoem Mense raak afvallig hiervan omdat die bose aan die werk is, en sy instrumente is gewetenlose dwaalleraars Vers 3 noem ‘n paar van die leerstellighede: ‘n verbod op huwelike, ‘n wettiese kyk na kossoorte, twisgesprekke oor mites (7) Vers 4 en 5 benadruk die reuse vryheid wat ons as Christene het.…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 3

    Dit is belangrik om te sien dat hoofstuk 3 aansluit by wat in die vorige hoofstuk gesê is. As mens die groter prentjie in gedagte hou (kyk weer na die struktuur van 1 Timoteus by die Bybelboeke), dan sien mens dat Paulus besig is om vanaf 2:1-3:15 instruksies vir Efese te gee oor spesifieke probleme wat daar voorgekom het. 3:1-5 DIE IDEALE SOORT LEIERSKAP 2:1-7 Het gehandel oor die inklusiewe aard van die evangelie en die uniekheid van God – in skrille kontras met die dwaalleraars wat God alledaags wou afmaak maar verlossing beperk het tot ‘n uitgesoekte paar “verligte” mense. 2:8-15 Het gehandel oor ‘n regstelling wat Paulus wou…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 2

    Vandag se hoofstuk bestaan uit veral 2 gedeeltes… (2:1-7) REDDING IS VIR ALMAL Dit val mens dadelik op dat Paulus inklusiwiteit beklemtoon: Voorbidding is vir almal (2:1), verlossing is vir almal bedoel (2:4), Jesus se losprys was vir almal bedoel (2:5) Die inklusiewe aard van die evangelie word gekontrasteer met die eksklusiewe aard van God: Daar is net een God, een middelaar (2:5) Dit staan natuurlik in skrille kontras met die boodskap van die Gnostiese dwaalleraars, naamlik dat net ‘n uitgesoekte paar mense “verlig” genoeg is om verlossing te ontvang – en dat ‘n stukkie “Godheid” in almal van ons is. Die evangelie staan lynreg teenoor hierdie dwaling. Paulus se…

  • 54.) 1 Timoteus

    1 Timoteus 1

    Klik HIER vir die agtergrond oor 1 & 2 Timoteus. Klik HIER om jou nuwe leesrooster af te laai. 1:1-2 AANHEF Mens vluglees mos gewoonlik iets soos ‘n aanhef, maar hier wemel dit omtrent van interessanthede: Die volgorde “Christus Jesus” is in die pastorale briewe meer algemeen as “Jesus Christus”. In Paulus se ander briewe kom die verskynsel ewe veel voor. Die benaming “God ons verlosser” kom ook in hierdie briewe meer voor as elders in die Nuwe Testament. Die frase “my kind” is ook nogal kenmerkend aan die pastorale briewe. Omkring dit gerus elke keer as jy dit lees. Daardie pa-kind styl herinner baie aan die boek Spreuke as…