25.) Klaagliedere
-
Klaagliedere 3
Sjoe, dit is ‘n pragtige hoofstuk hierdie. Eintlik is die mooi te vinde in die struktuur. Die derde hoofstuk is die middelste gedeelte van die boek Klaagliedere. En in die middel van hierdie gedig vind ons ‘n gedeelte wat totaal afwyk van die res van die boek. Dit is die enigste gedeelte in die boek waarin die outeur sy hoop uitdruk. Dit is natuurlik doelbewus in die middelste deel van die bundel geplaas om strategies “omarm” te word deur wanhoop. Wat die digter meld, is egter net so pragtig: Klaagliedere 3:22 “Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken…
-
Klaagliedere 2
Daar is 2 dinge wat my opval in hierdie gedeelte – een wat betekenis dra vir die onmiddelike en een wat belangrik is om te sien omdat dit eers later vir ons gaan sin maak… Die opvallendheid wat eers later in die boek gaan begin sin maak, is die feit dat die eerste 4 hoofstukke van klaagliedere telkens akrostiese gedigte is. Dit beteken mos dat elke volgende strofe van die gedig, telkens met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Dit is ‘n poging van die outeur om – ten spyte van die donker onderwerp van lyding – ‘n stuk rigiditeit en voorspelbaarheid in die teks te behou. Hierdie…