42.) Lukas

Lukas 9

Hierdie is ‘n interessante een. Ons verwag dat Jesus gaan sê dat elkeen van ons soos ‘n kind moet word. Maar lees weer wat Hy sê.

Luk 9:48 “Toe sê Hy vir hulle: “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Wie die minste onder julle almal is, hý is groot.”

Die kind is nie die een wat voorgehou word as die voorbeeld om na te volg nie. Die Jesus sê die voorbeeld om na te volg is die een wat die kind ontvang. Dit is iemand wat bereid is om dinge te doen wat in die oë van ander “klein” of “gering” is – maar in die oë van Jesus belangrik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *