20.) Spreuke

Spreuke 29

Spreuke 29 is een van daardie hoofstukke wat mens by elke spreuk wil stop en oor dit wil nadink. Dit is eenvoudig ‘n skatkis van juwele.

As ek een spreuk moet uitsonder wat my vandag opval, dan is dit vers 7. Sekerlik ook omdat die tema van die reg van armes in hoofstuk 29 herhaal word. Vers 7 lui…

“n Regverdige is bedag op die regte van armes; ‘n goddelose verstaan nie sulke kennis nie” Spr 29:7

Wat my hier opgeval is die frase “regte van armes”. Dit het my fassineer omdat ons mos nie juis die term “menseregte” in die Bybel kry nie. Ek wou sien watter woord die oorspronklike teks hier vir “regte” gebruik.

Ek sien dat die Hebreeus nie die woord bevat nie, maar dit net impliseer. Rofweg vertaal kom dit neer op iets soos: “‘n Regverdige bedink die armes.” Met ander woorde, ‘n regverdige hou hulle in gedagte, soek hulle belang. Dit kom natuurlik maar neer op menseregte. Jy beywer jou vir dit wat reg en billik is vir die arme.

Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van waar ‘n term nie in die Bybel voorkom nie, maar die konsep geïmpliseer word. Nes die Drie-eenheid.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *