5.) Deuteronomium
-
Deuteronomium 35
Deuteronomium 35 beskryf Moses se dood. Vers 10 lui: Daar het nie weer ‘n profeet in Israel opgetree wat soos Moses was nie. Hy het die Here persoonlik geken. Wat Moses met ander woorde van ander leiers onderskei het, was sy verhouding met die Here. Ons sou kon sê dit was eerstehands. Dit was eg. Dit is so belangrik om te onthou dat wanneer ons sê ons “God dien”, ons nie daarmee bedoel dat ons ‘n stel reëls onderhou, of ‘n dogma onderskryf of aan ‘n soort klub behoort nie. Allereers beteken dit om God te dien, dan ons Hom persoonlik ken. My hart dors na hierdie. Ek wil God…
-
Deuteronomium 31
Daar is 2 dinge wat my tref as ek hierdie gedeelte lees… “Wanneer Ek vir Israel gebring het in die land wat Ek aan sy voorvaders met ’n eed beloof het, die land wat oorloop van melk en heuning, sal Israel genoeg eet en lekker lewe en dan sal hy ander gode aanhang en hulle dien. Hulle sal My minag en my verbond verbreek. Wanneer baie plae en rampe hom dan tref, sal hierdie lied teen hom getuig, want dit sal nie deur sy nageslag vergeet word nie. Ek weet wat daar vandag in Israel se hart omgaan, hier net voordat Ek hom inbring in die land waaroor Ek ’n…
-
Deuteronomium 30
Vanoggend dink ek na oor die Skrifgedeelte wat lui: “Die gebod wat ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie. Dit is ook nie buite jou bereik nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy nie hoef te sê: ‘Wie sal vir ons opklim hemel toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe’ nie. Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy nie hoef te sê: ‘Wie sal vir ons oorvaar na die oorkant toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons…
-
Deuteronomium 16
In hoofstuk 16 word die bepalinge vir 3 feeste gegee: die Paasfees, die fees van weke en die huttefees. Die fees van weke is die een wat my vandag baie opval. Dit het ook bekend gestaan as die Oesfees, omdat dit aan die inbring van die graanoes gekoppel was. Die ander doel van die fees was om die dag waarop die Wet in ontvangs geneem is, jaarliks te vier. Dit moes presies 7 weke na afloop van die Paasfees gevier word. Vandaar het dit dan ook begin bekendstaan as “Pinkster”, want die “penta” het na die 50 dae verwys. In die Nuwe Testament word die Heilige Gees interessant genoeg op…