18.) Job
-
Job 42
Ons het uiteindelik by die laaste hoofstuk van die boek Job gearriveer, en soos in enige goeie boek is die laaste hoofstuk die klimaks of hoogtepunt. Ek sal graag 3 dingetjies wil uitlig in hierdie hoofstuk… EERSTENS: Job 42:7 Nadat die Here hierdie woorde vir Job gesê het, het die Here vir Elifas uit Teman gesê: “My toorn het ontbrand teen jou en jou twee vriende; want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie. As mens gaan naspeur wat Elifas alles vir Job gesê het, dan is dit die tipiese dinge wat mense vandag nog sê wanneer hulle met lyding te make kry:…