STRUKTUUR VAN DIE BOEK











Total Users : 36923
Views Last 7 days : 45
Who's Online : 0Op 1 Februarie 2016 het die projek om die Bybel in 3 jaar deur te lees afgeskop. Aan die einde van ons eerste 3 jaar siklus was daar sommige van die 150 mense wat besluit het dat hulle vir eers weer iets anders in hulle stiltetyd wil aanpak. Verskeie ander het besluit om die siklus te herhaal, en nog ander het nuut bygekom!
Vandag is die leesrooster 'n onmisbare deel van menige gelowiges se persoonlike tyd met die Here. Ons het nou reeds 2 keer dwarsdeur die Bybel gelees, en is nie van plan om gou te stop nie!