• 16.) Nehemia

    Nehemia 6

    Mens leer in hierdie hoofstuk so baie van hoe kritiek werk en hoe leiers dit moet hanteer. Sanballat en Tobija’hulle probeer om Nehemia bang te maak met ‘n sogenaamde gerug wat kwansuis die rondte doen. Gelukkig val Nehemia nie daarvoor nie. Hy hou hom by sy werk. Toe daardie strategie nie werk nie, loots hulle ‘n aanval van binne. Hulle koop vir Semaja om, om ‘n valse profetiese uitspraak te lewer. Nehemia sien ook deur hierdie truuk. Aan die einde van die hoofstuk is daar iets interessant aan die gebeur. Die muur is voltooi, maar in plaas daarvan dat hierdie hooggeplaastes bly is – hulle baat immers daarby – ontstaan…