-
Nehemia 7
Toe die stadsmuur se deure gehang word, moes Nehemia iemand aanstel wat toegangsbeheer toepas. Dit is interessant watter kriteria Nehemia gebruik om die geskikte kandidaat te kry. Hy stel Gananja aan, en die rede vir sy aanstelling is interessant genoeg nie Gananja se vaardighede nie. Nehemia sê Gananja is “betroubaar”, en het eerbied vir God. Die manier waarop aanstellings deesdae gemaak word, is om na iemand se vaardighede te kyk. Vaardighede is egter iets wat mens altyd later ook kan aanleer. Karakter is egter nie iets wat mens aanleer nie. Ons gaan moeilik vandag in die werksplek daarmee wegkom om aanstellings te maak op grond van karakter. Maar mens kan…