-
Hooglied 5
Hooglied is bekend vir die beeldryke taal – en hoofstuk 5 is geen uitsondering nie. In die hooostuk beskryf die meisie ‘n nagmerrie wat sy gedroom het. Sy het droom haar verliefde het in die nag na haar huis gekom, maar toe sy vir hom die deur oopmaak het hy skoonveld verdwyn. Sy het hom gaan soek, en toe het nagwagte in die stad haar gekry en aangesien vir ‘n prostituut wat op straat is. Sy begin deur haar droom te beskryf met die woorde… “Ek was aan die slaap, maar my hart was wakker.” (Hoogl 5:2) Dit is ‘n pragtige manier om daardie toestand te beskryf wat ons almal…
-
Spreuke 29
Spreuke 29 is een van daardie hoofstukke wat mens by elke spreuk wil stop en oor dit wil nadink. Dit is eenvoudig ‘n skatkis van juwele. As ek een spreuk moet uitsonder wat my vandag opval, dan is dit vers 7. Sekerlik ook omdat die tema van die reg van armes in hoofstuk 29 herhaal word. Vers 7 lui… “n Regverdige is bedag op die regte van armes; ‘n goddelose verstaan nie sulke kennis nie” Spr 29:7 Wat my hier opgeval is die frase “regte van armes”. Dit het my fassineer omdat ons mos nie juis die term “menseregte” in die Bybel kry nie. Ek wou sien watter woord die…
-
2 Kronieke 23
Vandag se hoofstuk bevat die tipe goed waarvan films gemaak word! Dit is omtrent ‘n paleisrewolusie! Toe Ahasia sterf, neem die koninginmoeder haar kans en vermoor al die moontlike troonopvolgers. Maar ten spyte van haar goed beplande staatsgreep, kom een seuntjie van die koning lewend weg. Die suster van Ahasia – en vrou van die priester Jojada – versteek die kind 6 jaar lank in die tempel. In die 7e jaar maak Jojada dit bekend en kry die volksleiers om hom to ondersteun as koning. Toe Atalia dit sien, het sy geweet haar dae is getel, en sy is wreed vermoor. Dit herinner mens baie aan die woorde van Jesus……
-
2 Kronieke 22
Die nalatenskap van Jehoram vervolg in hierdie hoofstuk, hierdie keer deur die lewe van sy seun Ahasia. Ongelukkig volg Ahasia die pad van sy voorouers en doen hy nie die wil van die Here nie. En dit is juis hier waar ‘n mens ‘n tema begin raaksien. In die vorige hoofstuk word koning Jehoram se afvalligheid aan sy vrou toegeskryf. Sy was die dogter van Agab (die Hebreeuse woord vir “dogter” kan ook met “kleindogter” of selfs “afstammeling” mee vertaal word (vers 6). In hierdie hoofstuk volg Jehoram se seun, Ahasia, hom op. Ahasia se ondergang word ook toegeskryf aan sy Ma. Die teks lui… “Ook hy het die paaie…
-
2 Kronieke 21
Ons lees in hierdie hoofstuk die tragiese ondergang van koning Jehoram. Hy bou offerhoogtes. Deur sy toedoen begin die volk weer meedoen aan afgodery. Sy koningskap is ‘n tyd van oorlog. Elia rig selfs ‘n skrywe aan koning Jehoram waarin hy hom profeties teregwys. Dit voel vir ons dat ‘n ramp onafwendbaar is. Alles is met hierdie koningskap verkeerd. En tog, dan vind ons dat die teks die volgende sê… “Maar ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gemaak het, wou die Here die huis van Dawid nie vernietig nie, aangesien Hy beloof het om vir hom en sy seuns altyd ‘n lamp te gee” (2 Kron 21:7)…
-
Psalm 145
Hierdie Psalm is wat hulle ‘n “akrostieke” Psalm noem. Dit beteken dat elke volgende strofe van die Psalm met die volgende letter van die alfabet begin. Dit is met ander woorde nogal ‘n kunswerk in sy oorpronklike vorm. Die digter hardloop deur die alfabet en begin met elke volgende Hebreeuse letter, ‘n volgende strofe – sonder dat dit geforseerd klink! Die sinsnede wat my vandag opval is vers 13: “U koningskap is ‘n koningskap vir alle ewighede, u heerskappy duur deur al die komende geslagte.” In ‘n tyd wat so baie mense afvallig word en die Here los – so asof die Here “uitgedien” geraak het en niks meer het…