• 43.) Johannes

    Johannes 15

    ‘n Paar jaar gelede was daar ‘n boek gepubliseer deur ‘n bekende outeur wat grootliks op hierdie Skrifgedeelte gebasseer was. Die basiese lyn van redenering was dat God ons snoei as ons nie vrug dra nie. Die boek roep jou dan op om pynlike gebeurtenisse in jou lewe te interpreteer as God se snoeiwerk, met die doel om jou te laat vrugdra. Dit is eintlik niks nuut nie en ‘n baie algemene opvatting. Verskriklik baie gelowiges dink dit. Moslems ook. Die vraag is of dit waar is? Want dit is definitief nie wat die teks sê nie. Jesus doen nogal moeite om in hierdie gedeelte te beklemtoon hoe Hy snoei:…

  • 24.) Jeremia

    Jeremia 41

    Ons sien in hierdie hoofstuk iets van die onversadigbare drang van die sonde – en hoe dit altyd sneeubal en al groter en groter word… Ismael vermoor Gedalja. Dit is opsigself was afskuwelik, maar wat dit soveel meer gruwelik maak is dat hy Gedalja se goedgunstigheid uitbuit. Gedalja nooi Ismael om saam te eet – ‘n gebaar wat welwillendheid sou kommunikeer. Op ‘n onbewaakte oomblik spring Ismael egter op en vermoor Gedalja. Dit lyk vir ons of dit in die geheim gebeur het want 2 dae na die tyd kon Ismael nog Gedalja se dood wegsteek vir die mense. Toe van Gedalja se soldate na die stad terugkeer, het Ismael…

  • 24.) Jeremia

    Jeremia 40

    Hierdie is ‘n moeilike een. Gedalja word deur die Babiloniese koning as ‘n goewerneur aangestel om die mense wat nie weggevoer is nie, te regeer. Een van die soldate wat nie in die geveg gedood is nie, Joganan, keer ook terug na die verwoeste stad en waarsku vir Gedalja. Hy het gehoor dat Ismael (‘n lid van die koningsfamilie), daarop uit is om Gedalja te kom vermoor. Joganan is so seker van hierdie feit, dat hy selfs in ‘n privaatgesprek met Gedalja aanbied om Ismael in die geheim te gaan doodmaak. En dan die moeilike deel…Gedalja wil nie vir Joganan glo nie. Hy kies om die beste van Ismael te…

  • 56.) Titus

    Titus 1

    Vanoggend kom ek nie verder as die aanhef van hierdie pastorale brief nie. Dit stuit my in my spore… “Paulus, ‘n dienskneg van God en •apostel van Jesus •Christus, ter bevordering van die geloof van die uitverkorenes van God, en hulle kennis van die waarheid, wat ooreenstem met godvresendheid” Let op die 3 verskillende fasette: Bevordering van geloof en die kennis van waarheid wat uitloop op godvresendheid. As mens mooi nadink oor hoe ‘n volwasse gelowige sou lyk, sou hierdie 3 fasette teenwoordig wees. Dit sal iemand wees met ‘n sterk geloof. Dit sal iemand wees wie se geloof verryk is met kennis. Let wel: Hierdie 2 is nie dieselfde…