-
Jakobus 3
As ons Jakobus se gedagtestroom volg, sien ons dat hy eers pleit vir ‘n geloof wat tot dade oorgaan (hoofstuk 1), dan brei hy uit oor hoe dit sal lyk as mens die dade integreer met alledaagse lewe (hoofstuk 2). In hoostuk 3 is Jakobus besig om ‘n ander faset van ons menswees met ons geloofslewe te integreer, en dit is ons tong. Jakobus 3:9-11 Daarmee loof ons die Here en Vader, en daarmee vervloek ons mense wat na die beeld van God geskep is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars…
-
Jakobus 2
Die tweede hoofstuk van Jakobus gee vir ons ‘n fassinerende kykie na hoe oordeel werk. Jakobus sê dat indien ons 2 mense verskillend behandel, is ons besig om onbewustelik in te speel op vooroordele. Vooroordeel is net so skadelik as oordeel opsigself, wat dit takseer iemand op die uiterlike sonder dat jy die persoon se hart ken. Jakobus sê dat sulke optrede sonde is, en ironies genoeg net so skadelik is as “groot” sondes wat vir ons almal sigbaar is. As jy immers net 1 van God se Wette breek, dan het jy God se Wet gebreek. Jakobus nooi ons uit om met sagter oë na mense te kyk. Wanneer…
-
Jakobus 1
Hier is soveel jewele in die eerste hoofstuk van Jakobus. As ek net een moet uitlig, dan sal dit seker vers 9 wees. Jakobus 1:9 “Laat die broer wat gering is, hom op sy hoë aansien beroem, en die ryke in sy geringheid, want soos ‘n veldblom sal hy vergaan” Wat my hier tref is die gedagte daar 2 identiteitsverklarings oor ons bestaan, wat gelyktydig waar is maar oënskynlik teenstrydig met mekaar is. Aan die een kant is ek en jy kind van die Allerhoogste. Hoe bevoorreg is ons nie om direkte toegang tot die troonkamer van die SkepperGod te hê, en dat Hy luister die oomblik wat ons praat…
-
Psalm 140
Die Psalm sal sterk met baie van ons resoneer, want die vyand wat in hierdie Psalm beskryf word hoef nie noodwendig lewensbedreigend te wees nie. Dit lyk eerder asof die vyand iemand is wat negatiewe gerugte oor die digter versprei het, omrede daar ‘n groot klem op die “tong” van die vyand is. Miskien is die uitstaande kenmerk van hierdie Psalm, die feit is dat dit aan aktiewe inisiatief van die digter ontbreek. Ons lees nêrens dat die digter ‘n voorneme uitspreek om byvoorbeeld iets aktief aan die saak te doen nie. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat die digter God as aktiewe rolspeler beskou. Die feit dat daar inisiatief…