-
Markus 12
In hierdie hoofstuk kom een na die ander groep geestelike leiers na Jesus toe, en elkeen probeer Hom vasvra. Jesus word behoorlik gepeper met al die vrae. Op ‘n stadium skets een van die groeperinge wat nie in die hiernamaals glo nie, ‘n bisarre scenario waar ‘n vrou 7 keer op aarde trou, en dan het die uiteindelike vraag betrekking op met wie sy dan nou eintlik in die hiernamaals getroud gaan wees. Die vraag is aspris. Dit is bedoel om absurd te wees, want hulle wil die geloof in ‘n hiernamaals probeer belaglik maak. Ons kry hierdie gedrag vandag nog wanneer mense met mekaar verskil. Baie gou sal jy…
-
Markus 11
Ek is in ‘n Gereformeerde kerktradisie en het baie waardering vir die kerkgroepering waarin ek staan. Maar ek dink geensins dat ons die enigste groepie Christene is wat die Here reg hoor nie. Ek het al baie by Christene uit ander kerktradisies geleer. Die manier hoe hulle oor God nadink – asook dit wat hulle in die Bybel raaklees. Neem byvoorbeeld die Charismatici se klem wat hulle lê op die belangrikheid om geloof te spreek. Dit maak dikwels vir Gereformeerdes soos myself ongemaklik – die byna astrante houding waarmee “lewe gespreek” word. Ons ken dit nie. Ons is meer gewoond daaraan om ‘n diepe afhanklikheid teenoor die Here uit te…
-
Jeremia 7
As daar al ooit ‘n Skrifgedeelte was wat die mens teen vormgodsdiens waarsku, dan is dit hierdie een… Die Judeërs het houtgerus met hulle lewens voortgegaan. Hulle het gedink Jerusalem sal nooit kan val nie. Hoekom nie? Want God se tempel is in Jerusalem! God se tempel het vir hulle iets soos ‘n “gelukbringer” geword. God sou tog sekerlik nie toelaat dat die stad deur vyande ingeneem word nie? Dan sou die tempel immers in die hande van goddeloses val. Daar het dus ‘n valse gerustheid by die volk ingetree. Hulle kon leef soos hulle wil, sonder dat daar regtig die gevaar van konsekwensies is. God was immers binne hulle…