• 16.) Nehemia

    Nehemia 10

    Na aanleiding van die gesamentlike gebed wat die volk in die vorige hoofstuk gebid het, gaan hulle dan nou voort om ook ‘n eed af te lê in hierdie hoofstuk. Dit is ‘n plegtige eed teenoor die Here – wat verseël word en al – waarin onderneem word dat hulle die voortaan die héle Wet sal onderhou. Dit is ‘n pragtige gebeurtenis wat die klimaks van die boek bevat – maar tog is dit ook gelyktydig die moment voor die groot val kom. Hierdie hoofstuk bevat ‘n prentjie van hoe pragtig hulle toewyding is – maar dit is gelyktydig ook swanger met die onheilspellende. Want ons weet dat ons beste…

  • 16.) Nehemia

    Nehemia 9

    In hierdie hoofstuk word daar ‘n lang gebed weergegee wat die Leviete die volk in gelei het. Daar is ‘n paar opvallendhede in die gebed. Een van die belangrikste waarnemings is dat die gebed – wat in effek die geskiedenis van die volk oorvertel – ‘n akkurate beskrywing van die gebeure is. Die vedskillende misdrywe van die volk word nie sagter gestel as wat dit was nie. Dit word nie geregverdig of gerasionaliseer nie. So dikwels wanneer ons vandag oor ons sonde praat, bied ons saam met ons skulderkenning ‘n verduideliking aan wat poog om ons oortreding te verskoon. Meer nog as dit, vandag is dit hoogmode om God te…