Weer op koers!

Beste Bereaan

Vir meer as ‘n maand het ons Bybelskool stilgestaan en kon ek nie dagstukkies uitstuur nie. Die rede daarvoor is omdat iemand by my kantoor ingebreek het en (onder andere) die elektroniese toestel waarmee ek die plasings gedoen het, gesteel het. Ai man, ek het groot skade gehad!

Ek kon uiteindelik oor die naweek ‘n nuwe toestel bekom, en nou hoop ek om weer sonder probleme ons leesrooster te vervat. Ekskuus vir die opondhoud en dankie vir jou geduld!

Onthou, as jy nie dagstukkies wil ontvang nie, moet jy asseblief vrymoedigheid neem om jouself van die adreslys te verwyder. Jy doen dit eenvoudig deur aan die onderkant van hierdie epos te “unsubscribe”.

Indien jy jou Bybellees wil opskerk en saam deur die Bybel wil lees, kan jy die leesrooster bekom deur op hierdie skakel te klik:

Laai leesrooster af