Matt 8 (29 April)

Het jy gesien dat die mense aan wie Jesus genade bewys onwaarskynlike kandidate is? Die oomblik toe Hy van die berg afgaan en sy eie preek begin uitleef, toe word Hy oorval deur mense wat nie in die Jode se boeke die eerste keuse van God se genade sou wees nie. Eerstens die melaatse, dan die Romeinse offisier, en dan ‘n vrou (Petrus se skoonma).

Wanneer ons God se liefde uitleef, moet ons verwag dat Hy onwaarskynlike kandidate oor ons lewenspad gaan stuur. Mag ons daarop bedag wees en hulle raaksien!