Lukas 7

Wat my vandag opval in Lukas 7, is hoe die verhaal van die weduwee van die genesing van die offisier se slaaf, byna teenoor die verhaal van die weduwee van Nain staan.

In die eerste verhaal word Jesus geskets as ‘n leier met outoriteit. Iemand in dieselfde klas as die Romeinse offisier – hulle albei weet immers hoe bevele werk. Jesus word egter geskets as iemand met nog meer gesag as die offisier, want die offisier kom vra vir hulp by Jesus.

Na afloop van so ‘n verhaal, verwag mens ‘n Jesus wat Hom besighou met groot en belangrike dinge. Iemand van gesag loop immers nie rond en speel in die stof nie.

Maar die daaropvolgende verhaal vertel vir ons hoe Jesus die weduwee van Nain “raaksien” (vers 13). Besef jy hoe belangrik is daardie woord?

Nie net sien Hy haar nie, haar hulpelose weemoedige situasie beweeg Hom. Hy tree in en wek haar Seun op.

Ek word vandag deur Lukas 7 herinner dat hoe groot en ontsagwekkend ons God ook mag wees, Hy ons nietige mense raaksien, en dat ons benarde situasies Hom dring om op te tree.

My vertroue is in die Here.