Josua 9 (4 Mei)

Vers 14 laat my sidder: “Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie” (Jos 9:14)

Die essensie van die verhaal is dat mens voor ‘n keuse in die lewe kan kom, en kan dink die situasie lyk ooglopend maklik om te onderskei wat die regte besluit is om te maak. Dan gaan jy voort met ‘n besluit sonder om net vir ‘n oomblik stil te staan en vir die Here te vra of dit sy goedkeuring wegdra. Op die ou einde het daardie besluite dan verreikende gevolge net soos in die geval van die Israeliete en Gibeoniete.

Gebed: Kom ons vra die Here om ons te beskerm teen besluite wat ons neem sonder om Hom daarin te ken.