Josua 7 (2 Mei)

Ek is gek oor Josua 7 en die daaropvolgende Josua 8. Sonder om te veel weg te gee wat in Josua 8 gebeur, kan ons maar net sê dat hierdie twee hoofstukke ‘n pragtige eenheid vorm.

Josua 7 handel oor Akan en dat Hy gedink het hy kan sy sonde vir die Here wegsteek.

Die les wat ek persoonlik daaruit haal, is dat individuele sonde dikwels ‘n effek op ‘n klomp ander mense het. Net soos Akan alleen gesondig het, maar dit tot die dood van baie soldate gelei het, so kan ‘n Pa wat hom vandag vergryp aan drank, sy gesin op straat laat beland. Alhoewel sonde iets is wat jy as individu pleeg, het dit dikwels nagevolge op ander mense wat die hartseer selfs nog erger maak.