Josua 4 (23 April)

Die opstapel van klippe as ‘n blywende herinneringsteken is ‘n goeie idee. Ek is verstom oor hoe maklik ons vergeet van die uitkomste wat die Here vir ons gebring het. Die klipstapel sou ‘n aanknopingspunt wees vir gesprek tussen generasies.

Kan jy dink aan jy 3 belangrike gebedsversoeke wat die Here onlangs vir jou beantwoord het? Het jy dit met iemand gedeel?

Kom ons maak ‘n punt daarvan om oor God se wonderdade in ons lewens te praat.